Biblioteek - Libary
Biblioteek ure:
08h00 - 17h00
Vanaf Maandag tot Vrydag.
Publiek
Publiek kan boeke uitneem vanaf 10h00 tot 17h00.
Uitneem van boeke
Agt boeke word geleen van 'n tijdperk van twee weke vir volwassenes.
Boeke word gratis uitgeneem, maar indien boeke nie binne twee weke terug gebring word nie, word jy beboet R1.00 per dag per boek.
Uitneem van DVD
DVD's word een per lener gegee. Ook net vir 'n dag en indien nie terug bring word beboet R6.00 per dag.
Geen DVD's op 'n Vrydag nie.
Biblioteekpersoneel
HOE HET DIE PUBLIEKE BIBLIOTEEK TOT STAND GEKOM:
`n Visie om `n openbare biblioteek met alle moontlike bronne tot stand te bring aangesien in Klapmuts geen Biblioteek of bronnesentrum was nie, vir 1300 primêre leerders en 500 hoërskool leerders en student het realiseer.
I.p.v `n skool biblioteek wat nie van behoefte van alle leerders in Klapmuts voorsien nie het ‘n publieke biblioteek tot stand gekom.Een rekenaar wat beskikbaar was vir hoërskool leerders met hulle take te help het uitgebrei to na 4 notebooks, geskenk deur Mev Penny Vinjevold, uitsluitlik vir navorsing.
Die biblioteek se primere rol is om Klapmuts Primere Skool se geletterdheid en gesyferdheid te verbeter.Die Argitek ,Eugene da Silva : Emerging Architects het die skool ontwerp met die mediasentrum naby die skool ingang ,sodat dit toeganklik is vir die publiek,maar hulle het nie toegang tot die skool nie.
Ons het eerstens vir Roseline Herandien ook bekend as Bonnie, Bibliotekarisse van Cloetesville Biblioteek genader vir hulp, maar sederdien die groei van Klapmuts is Me B Rhode (Opvoeder by Klapmuts Primere Skool) verantwoordelik vir die bestuur van die Biblioteek.Me Herandien het ons verwys na Mnr Steven Andries van Worcester :
-Nadat Hy ingelig is van ons Visie-het hy onmiddelik ingestem om ons te help en te ondersteun.`n Vergadering was belê met Mnr Wehmeyer van Wes-Kaap biblioteekdienste en ander rolspelers.
Adv. Hanlie Linde Direkteur van Stellenboschse Munisipaliteit Gemeenskapdiens department het sowel as Alderman J C Anthony, Me Rose Damon Waarnemende Hoof van EDULIS het ook betrokke geraak by die ontwikkeling.Inderdaad Histories –die eerste openbare biblioteek by `n skool in Suid-Afrika.
`n MOA is opgestel teen Provinsie ,die munisipaliteit en die skool.`n Visie vir 2009 -`n Droom vir 2010. KLAPMUTS PRIMARY SCHOOL PUBLIC LIBRARY was gebore en word ingewy op 18 Augustus 2011.
Die minister van Sport en Kultuur Dr Ivan Meyer het die biblioteek amptelik geopen. Die boek “`n Plekkie in die son” het vir hom baie uitgestaan en hy het melding gemaak van die kosbaarheid van boeke in ons lewens.
Sedert die opening van Klapmuts Primêre Skool Publieke Biblioteek het die leners tal van 884 gestyg tot 2 218. Sirkulasie van boeke het vanaf 2011 -2014 gestyg vanaf 373 boeke na 7 691 boeke per maand. Die biblioteek het ook baie skenkings van QIDS – UP ontvang. (sedert Junie 2012 was al die boeke die van biblioteek dienste, sowel as QIDS – UP op die stelsel).Die personeel het gegroei vanaf 1 bestuurder plus 1 assistant na 1 bestuurder en 2 assistente en ‘n reliefworker.
Die Biblioteek verleen dieselfde dienste as enige ander openbare biblioteek in die Stellenbosch streek, bv maak van afdrukke vir die publiek, uitleen van boeke, lamminering, stuur en ontvang van fakse, stel die gebou beskikbaar vir die publiek vir vergaderings, stel opvoedkundige materiaal bekend aan opvoeders, bied vakansie programme aan, bied dvd filmvertonings aan vir die kinders, bied storie uur aan twee dae per week, help leerders inligting ontsluit.
SKOOL GESKIEDENIS
Klapmuts Primer het op Julie 1976 geopen.Die skool was verder uitgebrei met `n saal en administratiewe gebou gedurende 2001.Die ou asbes gebou was afgebreek gedurende 2009.
NUWE SKOOL
Die bouwerk het begin 2010.Inwyding van Klapmuts Primêre Skool Publieke Biblioteek 18 Augustus 2011.Inwyding van skool word beoog op 27 September 2011.