top of page

Gedragskode

 

Gedragskode: Opvoeders

 

  • As hoofkomponent in die opvoeding streef ons na:

  • Selfdissipline

  • Beroepstrots

  • Gesonde Spangees.

  • Professionele optrede [ten alle tye].

  • Aanvaarding van werksetiek.

  • Aanbied van kwaliteit, innoverende opvoeding.

  • Heelskool benadering t.o.v. uitkomsgebaseerde onderrig.

  • Missie stelling van die skool te aanvaar en te ondersteun ter uitbouing en groei tot ‘n effektiewe skool.

  • Erkenning en motivering.

 

‘n Opvoeder:

 

  • Respekteer die waardes, geloof en konstitusionele regte van die leerder, en, in besonder wat betref die kinders se reg op vertroulikheid en privaaatheid.

  • Aanvaar die uniekheid en individualiteit van al die leerders.

  • Respekteer die behoeftes van elke leerder.

  • Help hom/haar om sy volle potensiaaliteit met opvoeding te bereik.

  • Strewe daarna om leerders positiewe waardes te ontwikkel met die oog op hul fondamentele regte volgens die konstitusie van Suid Afrika.

  • Beoefen outoriteit met goeie selfbeheersing uit.

  • Vermy enige vorm van vernedering t.o.v. die leerders en verhoed enige vorm van sielkundige mishandeling.

  • Vermy enige onbehorige fisiese aanraking met leerders.

  • Bevorder geslagsgelykheid.

  • Vermy enige vorm van seksuele aanranding [ fisies of andersins] teenoor die leerders.

  • Vermy enige vorm van seksuele verhouding met leerders by ‘n skool.

  • Gebruik aanvaarbare taalgebruik in optrede tydens konflik situasies met leerders, en tree op met die nodige integriteit om sodat die leerder jou sal respekteer.

  • Neem die nodige stappe om die veiligheid van die leerder te verseker.

  • Mag nie die posisie as opvoeder misbruik om finansieël , poleties of persoonlik daarby baat vind nie.Is nie nalatig of traag by uitvoering van sy pligte as opvoeder nie.

  • Erken, waar nodig, die leerders as vennote in hul opvoeding by skool.

 

Kleredrag

 

  • Formele kleredrag

  • Die mans opvoeders hoef nie altyd ‘n das te dra nie, maar word verplig om ‘n hemp te dra met ‘n stywe kraag.

  • Sport opvoeders moet toepaslike sportdrag en hardloopskoene aanhet.

 

Beweeglikheid

 

  • Alle opvoeders moet 10 minute voor die skool begin by skool wees.

  • Indien enige opvoeder die skool wil verlaat, moet hy/sy eers toestemming by die hoof of ‘n senior personeellid kry.

  • Wanneer ‘n opvoeder die perseel van die skool verlaat, moet hy/sy die kantoor in kennis stel, voordat hy/sy weggaan en ook wanneer die persoon terug is by die skool.

 

‘n Opvoeder

 

  • Erken die ouers van die leerders as vennote in die opvoeding van hul kinders en moedig ‘n vreedsame band met die ouers aan.

 

Die opvoeder en die gemeenskap

 

  • Die opvoeder erken dat die gemeenskap ‘n belangrike deel uitmaak van die onderwys department en erken dat daar verskille mag wees in leerders in die gemeenskap.

 

Die Opvoeder en hy/sy kollegas

 

‘n Opvoeder

 

  • Weerhou hom/haarself daarvan om die status van die hoër gesag te ondermyn.

 

Bywoning van kursusse

 

  • Die bywoning van kursusse vir opvoeders wie deur die prinsipaal aangewys is, VERPLIGTEND IS.

  • Hierdie opvoeders verteenwoordig die skool en hul kollegas.

  • Dit is dus hul verantwoordelikheid om terugvoering aan hul kollegas te gee ten einde kennis opgedoen en inligting verkry, te deel.

  • In hierdie verband sal die volgende prosedures gevolg word;

 

Na bywoning van enige kursusse moet:

  • ‘n Mondelinge verslag so spoedig moontlik aan die prinsipaal gegee word.

  • Afskrifte van enige besprekingsdokumente wat die opvoeder by die kursus ontvang het, moet aan die ander opvoeders in die betrokke afdeling gegee word.

  • Indien nodig reel die prinsipaal ‘n werkswinkel of besprekingsessie vir di deel van kennis met die res van die betrokke personeel.

  • Verslag word geliasseer in kluis.

 

Lyfstraf:/ straf

 

  • Lyfstraf in enige vorm aan leerders, is verbode.

  • Leerders moet met die nodige respek hanteer word.

  • Geen vloektaal mag teenoor leerders geuiter word nie.

 

 

bottom of page