top of page

Die visie en missie van die skool

 

Ons Visie
 

"LIEFDE EN LEER"

 

Ons Missie

 

Die Leerders

* om die leerders aan te moedig om VERANTWOORDELIKHEID te aanvaar vir hom/haar optrede en lewe;

 

* om in ‘n gebalanseerde wese te ontwikkel met ‘n TOEKOMSVISIE om sy/haar plek in ‘n moderne, demokratiese Suid-Afrika vol te staan;

 

* om elke leerder in sy totaliteit te ontwikkel, nl. intellektueel, moreel, emosioneel, fisies, sosiaal, godsdiens en kultureel deur:

 

♦ effektiewe, innoverende en gehalte onderwys

♦ uitbou, opbou en versterking van selfbeeld

♦ geleenthede aan elke leerder te bied

♦ ondersteuning te verleen met sosiale, geestelike, huishoudelike en interpersoonlike kwessies (skoolkliniek, lewensopvoeding opvoeders, maatskaplike werkers, kliniek)

♦ hulle aan te moedig om deel te neem aan sport en kultuuraktiwiteite

♦ dissipline te bevorder t.o.v. skooldrag, taalgebruik, optrede. in die openbaar en respek.

 

Die Opvoeders

 

As hoofkomponent in die opvoeding strewe ons na:

♠ Selfdissipline

♠ Beroepstrots

♠ Gesonder spangees

♠ Professionele optrede (ten alle tye)

♠ Aanvaarding van werksetiek

♠ Aanbied van kwaliteit, innoverende opvoeding

 

Deur ‘n “CHANGE OF MIND” die uitdagings van die CAPS en moderne onderwys POSITIEF aan te pak.

 

Die missiestelling van die skool te aanvaar en te ondersteun ter uitbouing en groei tot ‘n effektiewe skool.

 

Die Ouers

 

Om die ouers aan te moedig om VENNOTE te word in opvoeding en verantwoordelikheid vir hul kinders se optrede te aanvaar deur:

▪ toe te sien dat hul kinders elke dag die skool bywoon – netjies en in skooldrag geklee

▪ Persoonlik betrokke raak en belangstelling toon in hul kinders se vordering , welstand, behoeftes en hulle onvoorwaardelik ondersteun

▪ aktief betrokke te raak by alle aktiwiteite van die skool

▪ die missiestelling van die skool te bevorder en ondersteun.

 

Waardes - 2012

 

  • Selfdissipline

  • Gesonde Spangees

  • Stiptelikheid

  • Skoonheid en Netheid

 

Waardes - 2013

 

  • Medemenslikheid

  • Empatie

  • Solidariteit

  • Medelye

 

Waardes - 2014

 

  • Dankbaarheid

  • Hoflikheid

  • Respek

  • Omgewingsvriendelik

  • Dissipline

bottom of page